Christen Kerke van God

 

Nr. KB1
 

 

 

Wie is God?

(Uitgawe 2.0 20020725-20050506-20061227)

 

 

God (Eloah) alleen is die Een Ware God. Voor Hom was daar geen god geformeer nie, en na Hom sal daar geeneen wees nie (Jes. 43:10). Hierdie artikel ondersoek sommige van God se eienskappe en bespreek hoe ons Hom kan ken, Hom behaag en Hom aanbid.

 

 

Christian Churches of God

PO Box 369,  WODEN  ACT 2606,  AUSTRALIA

 

E-pos: secretary@ccg.org

 

(Kopiereg © 2002, 2005, 2006 Christen Kerke van God, geredigeer Wade Cox)

 

Hierdie artikel mag gratis gekopieer en versprei word, mits dit in sy geheel weergegee word, sonder veranderings of weglatings. Die naam van die uitgewer en kopiereg moet vermeld word. Geen betalings mag gevra word van diegene wat die kopie ontvang nie. Kort aanhalings word toegestaan in resensies en oorsigte sonder om kopiereg te skend.

 

Hierdie artikel is verkrygbaar van die Wêreldwye Webwerf:

http://www.logon.org en http://www.ccg.org

 

 

 

Wie is God?




“Hoor, Israel, die HERE onse God is `n enige HERE” (Deut. 6:4).

 

Volgens die Bybel is dit duidelik dat daar net Een Ware God is. Hy is die Almagtige en die Skepper van die Hemele, die Aarde en alles wat daarop en daarin is (Gen. 1:1; Neh. 9:6; Ps. 124:8; Jes. 40:26,28; 44:24; Hand. 14:15; 17:24,25; Openb. 14:7).

 

Daar was `n tyd toe niks bestaan het nie, behalwe vir `n Geeswese wie die EEN was. Hy het altyd bestaan. Voor tyd begin het, het Hy alleen bestaan en het nie enigiets benodig om Hom energie of lewe te gee nie. Hierdie Wese is die Enige Waaragtige God (Joh. 17:3; 1 Joh. 5:20). Hy is onsterflik (1Tim. 6:16). Dit beteken dat God nie kan sterf nie.

 

Die ou Hebreërs het hierdie onsterflike Wese as Eloah geken. Die betekenis is enkelvoudig of een. Vandag ken ons Hom as God. Hy is die Allerhoogste God (Gen. 14:18; Num. 24:16; Deut. 32:8; Mark. 5:7). Hy is ook bekend as Jehovih of Jehovah van die Leërskare. Die Islamitiese geloof verwys na die Een Waaragtige God as Allah. Dit is dieselfde God as diè van die Christene.

 

Spreuke 30:4-6 verwys na die naam van God en dat Hy `n seun het.

4Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in ’n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun—as jy dit weet?

5Elke woord van God [Eloah] is gelouter; Hy is ’n skild vir die wat by Hom skuil.

6Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as ’n leuenaar openbaar word nie.

Voorbestaan van alles

Tyd het ontstaan toe God (Eloah) begin het om te skep. Maar voor enigiets geskape was, het God alles wat Hy wou doen en hoe Hy dit sou doen, eers goed deurdink. Niks is vir God onmoontlik nie. Dit was vir Hom moontlik om die eind-resultaat van alles wat Hy wou doen, vooruit te sien. Eloah het vir alles wat tot stand sou kom, hoe elke aksie en skepping `n ander sou affekteer en daarmee in verband sou staan, noukeurig beplan.

 

Eloah is die Alfa en Omega (Openb. 1:8). Hy was die eerste, as `n onsterflike wese, dus Alfa, of die begin. Hy is Omega omdat Hy die eind-resultaat van Sy algehele skepping sal wees. Die skepping bestaan deur Hom. Die skepping is op Hom gesentreer en is op sigself die eind-doelwit van Sy aktiwiteit. Dus skep God homself in `n uitgebreide sin van die woord (Ex. 3:14). God het `n Vader geword toe Hy vir Homself `n familie geskep het. Maar ons kan meer van Sy familie leer in die artikel Die Skepping van die Familie van God (Nr. KB4).  (The Creation of the Family of God) (No. CB4)).

 

Voordat enigiets nog geskep was, het God alles wat Hy wou doen en hoe Hy dit sou doen, beplan. Hy het geweet hoè alles sou uitwerk. Hy het die finale uitslag van alles vooruit gesien. Daar is niks verborge of in die geheim gedoen, wat nie aan God, voor die skepping begin het, bekend was nie. God is alwetend. (1Joh. 3:20). Dit beteken dat Hy alles weet. God het niks nodig gehad om dinge uit te werk voordat Hy met Sy skepping begin het nie. Hy kon elke formule self uitwerk en kon die nagevolge van elke keuse vooruit sien.

 

God is Almagtig. Daar is niks wat God nie kan skep of doen om Sy Plan met welslae uit te voer nie. Hy weet wat moontlik is, en Hy weet wat die beste manier is om dinge te doen. Alles wat geskep is was ontwerp en vasgestel voordat tyd begin het. Dit sluit ons in. Alles moes sin maak en uiteindelik ten goede uitwerk. God het geweet wat, en in watter orde, hy alles moes skep. Hierdie kennis is waarheid; God is `n God van waarheid (Deut. 32:4).

 

God kon `n heelal skep sonder om`n kans te neem of te raai wat die uitkoms sou wees. Daarom reflekteer Sy Wil perfeksie in waarheid. Daar is geen fout in God se wese of karakter nie. Hy kan nie `n fout maak nie. God is volmaak en deur Sy alwetendheid kon Hy elke moontlike uitkoms bepaal en elke misstap vermy (Matt. 5:48).

 

Voordat God begin het om te skep, het Hy geweet dat alles volmaak en goed sou wees. Hy het geweet wat goed was en Sy goedheid  moes in die skepping gereflekteer word. God se uiteindelike doel is vir die goeie want God is goed (Ps. 25:8). Hy is die bron van alle goedheid. Toe iemand Christus aangespreek het as “goeie meester”, het Jesus geantwoord, “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God” (Matt. 19:17; Mark. 10:18; Luk. 18:19).

 

God is liefde (1Joh. 4:8; Rom. 13:10). Hy is nie `n God wat, soos party Hom voorstel, mense met ewige marteling straf nie. Hy is `n vergewende en genadevolle God. Hy het selfs  vir Satan en die gevalle Leërskare se bekering beplan. Hy wil die beste vir almal hê. Wanneer die fisiese skepping sy doel gedien het, sal die totale geestelike Leërskare en elke seun en dogter van Adam, verenig word as kinders van God.

 

Die eind-resultaat van alles is dat ons almal sal dink en leef met volmaakte liefde teenoor mekaar.  Dan sal ons sien hoe wonderlik God werklik is, en net Hom aanbid. Wanneer ons ons naaste lief het is dit `n bewys dat die liefde van God in ons is.

 

1 Johannes 4:20-21 20As iemand sê: Ek het God lief—en sy broeder haat, is hy ’n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?

21En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.

 

God wil hê dat ons almal, net soos Hy, heilig moet wees (Ex. 22:31; Lev. 11:45; 19:2; 20:7; 21:8). Dit kan net bereik word deur binne God se volmaakte Wet van vryheid te leef (Jak. 1:25).

 

1 Petrus 1:14-16 14Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie.

15Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,

16omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.

 

God het ons Sy Wet, wat `n refleksie van Sy eie karakter is, gegee; dit is heilig, regverdig en goed (Rom. 7:12). Hy wil Sy wet op ons harte geskryf hê. Deur weg te doen met God se wet, word daar weggedoen met God se karakter. Christus het ons gewys hoe ons, deur God se Gebooie te gehoorsaam, mekaar kan lief hê. Hy het `n sondelose lewe gelei, homself voor God verootmoedig en sy lewe vir ons almal neergelê, sodat ons ook, soos hy, liefde vir God en ons medemens kan hê. God wil hê dat ons gelykvormig aan die beeld van Sy Seun, Jesus Christus moet wees (Rom. 8:29; 1 Kor. 11:1).

 

Geen mens het nog ooit God gesien of Sy stem gehoor nie (Joh. 1:18; 5:37). Die profete van ouds het nie God, of Eloah, se stem gehoor of Hom gesien nie; Dit was die Engel van Jehovah, wat  later Jesus Christus geword het, vir wie hulle gesien en gehoor het. Sien die artikel Wie is Jesus (Nr. KB2) (Who is Jesus? (No. CB2)).  

Hoe weet ons dat die Allerhoogste God bestaan?

Daar staan geskrywe dat net `n dwaas sal in sy hart sê daar is geen God nie (Ps. 14:1). Eloah het altyd bestaan (Ps. 93:2). Hy is `n Geestelike Wese.

 

 Johannes 4:24 24God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

 

God het Sy bestaan deur baie werke bewys. Hy het die hemel en die aarde geskape (Gen. 1:1). Eloah is die bouer van alle dinge (Heb. 3:4). Alles behoort aan Hom (1 Kron.16:26).

Dit is God wat ons geskape het en ons is Syne. Ons is Sy volk en die skape van Sy weiding (Ps. 100:3).

 

Jesus het gekom om ons van die Vader te leer.

Johannes 7:28 28Jesus roep toe uit, terwyl Hy in die tempel leer, en sê: Julle ken My en julle weet ook van waar Ek is; tog het Ek nie uit Myself gekom nie; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig, vir wie julle nie ken nie.

Beteken die feit dat ons swaarkry en sterf, dat God ons nie lief het nie?

Nee! Baie van die mensdom se probleme is die gevolg van ongehoorsaamheid aan God se Gebooie. Om onrein voedsel te eet veroorsaak siektes in ons liggame. Baie mense pas nie behoorlike higiëne en kwarantyn toe nie en so word aansteeklike siektes van een persoon na `n ander versprei. Mense, as `n spesie, word al hoe swakker en swakker as gevolg van geslagte se ongehoor-saamheid aan God se Gebooie. Ook versorg  ons nie die aarde volgens wat God ons beveel het nie. Mense voer oorloë en veroorsaak baie lyding. Hulle misbruik mekaar en besoedel hul eie liggame asook die aarde. So is ons, as gevolg van ons ongehoorsaamheid, meestal vir ons eie lyding verantwoordelik. Sien die artikel Bybelse Voedsel Wette (Nr. KB19) (Biblical Food Laws – (No. CB19)).

Gee God werklik om wat met die mensdom gebeur?

Ja verseker! God gee om en het ons baie lief. Hy wil nie hê enige iets moet tussen Hom en ons kom nie. Hy wil hê ons moet weet en verstaan dat niemand gelyk aan Hom in krag en mag is nie (Deut. 4:35).   

 

God het die mens `n perfekte begin gegee (Gen. 1:26-30). Maar die mens het God se Gebooie verwerp en besluit om sy eie ding te doen. Dit het `n hele klomp moeilikheid op ons gebring (Rom. 5:12). Onthou dat God Sy seun gestuur het om ons te verlos van sonde en die dood. Dit is `n bewys van hoe groot God se liefde vir die mens is (Joh. 3:16).

 

Ons moet nooit ontmoedig wees as dinge verkeerd loop nie. Ons moet nooit vra, “Waar is God? Hoekom het dit met my gebeur?” nie. God is bewus van alles wat in ons lewens gebeur. Onthou, soos Jesus deur Sy lyding volmaaktheid verkry het, so moet ons ook verwag om deur ons beproewings en lyding te leer en te streef na volmaaktheid. God is nooit vêr weg nie en Hy sal nooit toelaat dat ons meer probleme en laste dra as wat ons kan hanteer nie. Ons moet in ons harte bly wees omdat ons God kan vertrou (Ps. 33:20-21).

Tot wie moet ons bid?

Die dissipels het Jesus gevra om hulle te leer bid (Luk. 11:1). Toe gee Jesus hulle `n paar voorbeelde van hoe om te bid en tot wie hulle moet bid. Lees die skrifture en let op dat gebed alleenlik aan die Vader gerig is.

 

Matt. 6:6 Maar jy wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborge is; en jou Vader wat in die verborge sien, sal jou in die openbaar vergelde.

 

Toe het Jesus met `n model gebed gevolg (Matt. 6:9-13). Let op na vers 9:

 

Matt 6:9 So moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word.

    

As Christene moet ons in Jesus se voetspore volg. Dus, wanneer ons bid, moet ons alles in sy naam vra.  

 

Johannes 14:13-14 13En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.

14As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.

(Verwys ook na Johannes 15:7).

Wanneer ons bid kan God ons in die hemel hoor. Die HERE luister en hoor dié wat Hom vrees en sal hulle nie vergeet nie (Mal. 3:16). Wanneer ons bid moet ons God bedank vir Sy baie seëninge en die wonderlike skepping wat Hy ons gegee het (Ps. 105:1).

 

Vir meer inligting sien artikels; Les oor Gebed Deel A Onderwyser se Handleiding (KB31) en Les oor Gebed Deel B Werkstuk (KB32).  (Lesson on Prayer Part A Teacher’s Guide (CB31)) en Lesson on Prayer Part B Worksheet (CB32)).

Is dit belangrik watter God ons aanbid?

 

Ja, dit is uiters belangrik dat ons die regte God aanbid. Ons moet ons voor die HERE onse God neerbuig en Hom alleen aanbid (Deut. 26:10; 1 Sam. 1:3; 15:25). Maar bestaan die God uit twee of drie persone? Nee! Kan ons sê dat Jesus Christus, die seun van God, God is, soos God die Vader God is?  Die antwoord is `n definitiewe “Nee”.

 

Jesus word aangespreek as God (Joh. 1:1), selfs as Sterke God (Jes. 9:5), maar nêrens word hy aangespreek as die Almagtige God nie (Gen. 17:1). Jesus het homself nooit gelyk gestel aan sy Vader nie (Luk. 4:8). Jesus is `n god, maar hy is nie die Een Ware God nie. Hy is `n aparte geestelike wese, maar deur sy gehoorsaamheid is hy een met die Vader. 

 

Christus leer ons dat die voorwerp van ons aanbidding die Vader moet wees en nie homself nie.

 

 Johannes 4:23 Maar daar kom `n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid, want die Vader soek ook  mense wat Hom aanbid.

Wanneer aanbid ons God?

 

Die Een Ware God het aan ons `n kalender gegee waarin die heilige dae en fees tye  uiteengesit word tesame met spesiale instruksies aangaande die tye van samekomste en  aanbidding. Hierdie tye en dae word in die volgende artikels verduidelik: God se Heilige Kalender (Nr.KB20) (God’s Sacred Calendar (CB20)); – Die Sabbat Dag (Nr.KB21) (The Sabbath Day (CB21)); – God se Heilige Dae (Nr. KB22) (God’s Holy Days (CB22)).

Daar is geen ander God nie

 

Daar is geen ander god soos God die Vader nie (Exodus 8:10). Hy alleen is majestueus, ontsagwekkend in glorie en verrig wonders (Exodus 15:11).

 

Jesaja 44:6 So sê die HERE, die koning van Israel en sy Losser, die HERE van die Leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.

 

Die apostel Paulus het die volgende aan ware Christene geskryf:

 

1 Korinthiërs 8:5-6  5Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is—soos daar baie gode en baie here is

6tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.

 

Niemand anders deel die posisie van die Allerhoogste God (Eloah, in Hebreeus) nie. Alle ander voorwerpe van aanbidding soos afgode, gestorwe heiliges, die Maagd Maria sowel as Satan, is valse gode.

 

Ons moet geen ander Elohim (god) anders as God, wie die Vader is, aanbid nie (Ex. 34:4; Deut. 11:16) anders sal ons vernietig word (Deut. 30:17-18). God het Sy Eerste Gebod gegee as:

 

Exodus 20:2-3 2Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

3Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

 

Eloah is ons God en Vader asook die God en Vader van Jesus Christus (Joh. 20:17). God het ons almal geskape en ons het net een Vader (Mal. 2:10). Ons Vader is in die Hemel (Matt. 23:9). Hy is die Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in almal is (Efes. 4:6).

 

Daar is Een Ware God Eloah. Alle ander Elohim (gode) bestaan deur Sy Wil. Hulle hou aan bestaan deur aan Eloah se outoriteit gehoorsaam te wees.

 

Die HERE God is genadig en medelydend. Hy word nie gou kwaad nie en is geduldig. Hy is vol van liefde (Ps. 145:8; Ex. 34:6). Hy is altyd gewillig om ons te help in tye van nood (Ps.46:2). God wil hê dat ons almal  soos Hy moet wees. Elkeen wat ooit gebore was sal `n kans gegun word om die ewige lewe te ontvang. Dit is God se wens dat almal sal kies om volgens Sy reëls te lewe.

 

Wanneer ons begryp wie God is en begin om Sy weg te volg, sal ons uitvind dat Sy weg  volmaak is. Wanneer ons Sy woord lees en bestudeer, sal ons vind dat dit foutloos is. As  ons op God vertrou en Hom gehoorsaam, sal Hy ons beskerm (Ps. 18:31; Spr. 30:5). Eers wanneer ons die Een Ware God ken en aanbid sal ons die geheimenisse van God verstaan. Dit neem tyd, maar ons het `n wonderlike toekoms in die vooruitsig.

 

Dit is die mens se bestemming om ook soos Jesus Christus,  wie die Engel van die HERE in die Ou Testament was, Elohim (gode) te word (Sagaria 12:8).              

                                                                                                                                                                                                                                                                                               

 

 

 

 

 

 

 

q